Sign In

Kalahari Rangers

Kalahari Rangers

Category:

Product Description

Ons 10 000 hektar eiendom is gelee te Mc Carthysrust op die Noord Kaapse grens met Botswana, 200 km Noord van Kuruman. Die Kalahari Bosveld habitat bied n ongelooflike verskeidenheid van diere aan.

Om en by 30 spesies om van te kies.

 

 

 

Dagvooie sluit die volgende in:

  • Akkommodasie in n 4-ster lodge
  • Beddegoed
  • Brandhout
  • Yskaste
  • 1 x Spoorsnyer per voertuig
  • Toegeruste slaghuis

Dag fooie sluit die volgende uit:

  • Voorbereiding en verwerking van vleis
  • Verpakkingsmateriaal van vleis.
  • Die dienste van n Professionele Jagter wat verpligtend is vir nie SA burgers. R1500/per dag.
  • Fooitjies vir die personeel.

Let Wel:

  • Minimum jagters is 2 persone
  • Minimum verblyf, 2 dae.
  • Gedurende u verblyf word daar verwag dat die minimum bedrag wat gejag word, nie minder as R6000 mag wees nie. Indien nie, sal R1000 by u rekening gevoeg word.
  • Tye van opdaag is 15H00
  • Vertrek nie later as 10H00 die oggend nie.

 

Indien anders gereel..

  • Besprekings sal slegs bevestig word indien volle akkommodasie rekening betaal is en dat daar ooreengekom is op n datum.
  • Gelde wat alreeds betaal is, is nie verhaalbaar met kansellasie nie. Slegs in geval van ons huidige staat van inperking waar die gewone jagpraktyke weereens in die gedrang kan kom.
  • Die jagter sal verantwoordelik gehou word vir wat hy skiet en daar sal van hom verwag word die personeel se skattings te respekteer.
  • Indien hy sy eie kop volg, sal daar van hom verwag word om die prys op die pryslys te betaal vlg. Maat.
  • Jagters moet hulle eie voertuie en brandstof verskaf, indien nie, kan een by ons gehuur word @ R800 per dag.
  • Vrywaringsvorm moet onderteken word alvorens die jag kan plaasvind.
  • Jagters sal ten volle betaal vir n bok wat gekwes en nie gevind kan word.
× How can I help you?