Sign In

Gruisfontein Privaat Natuurreservaat

Gruisfontein Privaat Natuurreservaat

Category:

Product Description

ALGEMENE INLIGTING

  • Verblyf te Gruisfontein is ‘n eenvertrek klipjaatershut. Dit is ingerig vir vier persone.
  • Geen elektrisiteit nie.
  • Selfoonsein is baie swak.
  • Alle eet- en kookgerei, braaitoerusting asook gaslampe en ‘n gasbrander is beskikbaar.
  • Wildkarkasse word in ‘n skuur gehang. Voorstel: Sakke – gemaak van ongebleikte linne (“mutton cloth”) – is handig om oor die karkasse te trek om vlieë uit te hou – veral gedurende Mei-maand.

 

JAGMETODE

Jag word gewoonlik te voet en met voorsitmetode gedoen. Jagters kan kies hoe hulle dit wil doen. in sekere gevalle word jag vanaf ‘n voertuig toegelaat.

Veiligheidsmaatreëls met wapens, soos deur jaggids bepaal, moet deurlopend streng nagekom word.

Jagters kan self hulle bokke afslag of dit laat doen teen vergoeding aan werker volgens die aangehegte pryslys.

 

 

JAGTERS MOET:

  • Jagters/gaste moet eie kos en slaapgoed bring, asook eie braai- en vuurmaakhout.
  • Self daagliks skottelgoed was en die braai-area skoonmaak.
  • Eie voertuig beskikbaar stel om wildskarkasse uit die veld te gaan haal (daar is ‘n Jeep beskikbaar vir diegene wat nie ‘n geskikte voertuig het nie – geen ekstra kostes).
  • Eie gewere so instel dat skote tot op 200m met vertroue geskiet kan word.

 

Die buurplaas beskik oor ‘n slaghuis wat verwerking van karkasse doen. Indien u belangstel, kontak Abrie Swiegers op 083 500 3326 of Annelise Swiegers op 083 759 2944, vir tariewe en reëlings.

× How can I help you?