Sign In

Paardeberg Jag

Paardeberg Jag

Category:

Product Description

Let asseblief op dat die getalle wat u vir Gemsbokke en Blesbokke deur gee, vaste getalle is. ‘n Boete van ‘n R 1000 per bok sal gehef word indien te veel geskiet word of indien die groep nie meer die bok(ke) wat bespreek is, wil skiet nie. Gemsbokke en Blesbokke is beperk in getalle. Die groep wat eerste bespreek, kry voorkeur. Geen uitsonderings nie.

 

De Putten Jag verskaf ‘n jag ervaring eie aan die Karoo. Ons pryse is mededingend. Ons is ook nie daarop uit om die gewone biltong jagter uit te byt nie. Ons glo ook in die bewaring en die bestuur van die natuur. Ons wil graag by almal wat hier jag, die liefde wat ons het vir die Karoo, kweek.

GOEIE GESPREK
Om die kamp vuur, soos met enige jag, kom die dag se goeie en slegte skote uit. By De Putten jag is jou ervaring van ons gasvryheid netso belangrik soos jou jag ervaring.

VERBLYF
Ons self sorg akkommodasie staan vir geen gastehuis terug nie. Ons spog tans met slaap plek vir 10 persone, met volledige badkamer geriewe. Verbeteringe is ook in die beplanning vir die toekoms.

KUNDIGE LEIDING
By De Putten jag is ons uiters professioneel. Die jagter word ten alle tye bewus gemaak van veiligheid. Ons maak ook ten alle tye gebruik van twee arbeiders op perde rug. Hulle is ook heeltemal bevoeg, en weet hoe om met die wild te werk.

WONDERLIKE ERVARING
‘n Jag ervaring soos jy net in die Karoo kan kry. Ons maak gebruik van voorsit en stap jag. Ons is ook trots op ons pa en seun jagte. Ons het ook ‘n pa en dogter gehad, waar die dogter haar eerste bok geskiet het. Familie le ons ook baie na aan die hart, en is dit vir ons ‘n voorreg om deel te wees van so ‘n gebeurtenis.

IN DIE KAROO
Ons wil graag he al ons kliente moet die Karoo ervaar soos daar van in liedjies gesing en in gedigte geskryf word. Bowenal moet hulle dit ervaar soos ons dit sien. Kom sit in die veld en ruik die Katbos, Krubos en die Anker Karoo. Sien en luister na die mossies, kraaie en die spreeus. Haal diep asem en neem dit alles in. Ontspan en vat dit weer saam jou stad toe.

JAGTOGTE
Jagtogte word baie goed beplan, sodat die jagter die meeste uit sy ervaring kan uitkry. Elke dag is ‘n vol dag en kom ons soms eers na son-onder by die huis. Ons probeer werkilk ons uiterse bes om die ervaring vir elkeen so denkwaardig as moontlik te maak.

 

VERBLYF:

  • Die goue reël: Hanteer alles beter as jou eie!
  • Rook is streng verbode binne die geboue!
  • Die persoon/groep wat die reël verontagsaam sal ‘n boete kry.
  • Die persoon/groep sal verantwoordelik gehou word vir enige skade aan die gebou(e) of enige voorwerpe binne die geboue.
  • Kostes van die skade sal deur die eienaar bepaal word.
  • Daar is ‘n gasstoof binne die kombuis. Indien u nog nooit tevore met een gewerk het nie of onseker is, vra gerus die eienaar om u te help.
  • Gastoestelle is gevaarlik. Werk versigtig.

 

  • Daar is ‘n inventaris van alles in die jagterswoonstel opgestel. Dit is agter die deur opgesit.
  • U word van alle breekware voorsien (groot-, klein- en papborde, messe, vurke, lepels, teelepels, asook wyn- en bierglase).
  • Daar is ook potte, panne en ‘n braaipan vir u gerief.
  • Op elke bed is daar ‘n kussing met ‘n kussingsloop, paslaken, duvet en ‘n kombers. Indien u maklik koud kry, bring ekstra komberse. Ekstra kussings moet ook self voorsien word.
  • Die badkamer is met twee storte, ‘n toilet en ‘n wasbak toegerus. Daar is ‘n ekstra buitetoilet.
  • Bogenoemde geld ook vir die plaashuis. Indien ‘n groep groter as 8 persone is, slaap hulle ook in die plaashuis.
  • Daar is twee afsonderlike badkamers elkeen met ‘n stort, toilet en wasbak.
  • Die waterdruk is goed. Daar is ‘n drukpomp vir die koue- en warmwaterlyn. Al die storte het warmwater. Alhoewel dit ‘n 200 liter geyser is, word dit aanbeveel dat almal nie op een slag stort nie.
  • Nog ‘n wenk is om nie ander krane oop te draai terwyl iemand stort nie.
  • Omdat dit selfsorg akkomodasie is, is die groep self verantwoordelik vir die skoonmaak en netheid van die jagterswoonstel tydens die verblyf.
  • Die jagterswoonstel word voor en na die groep deeglik skoon gemaak.
  • Koffie, tee, suiker en beskuit word vir al die groepe voorsien.
  • Die braaiplek is vir die groep se gebruik.
  • Daar is ‘n rooster en al die nodige braaigereedskap.
  • Hout word vir die braai voorsien, maar nie vir die kuier nie.

Indien u heelnag wil vuurmaak en kuier moet u asseblief u eie ekstra hout saambring.

VELD KAMP:
‘n Alternatiewe opsie is ons veldkamp. ‘n Weermagtent word in die veld naby bome en ‘n windpomp opgeslaan. U kan vir ‘n nag of twee hier gemaklik oorslaap. Matrasse word voorsien, maar u is verantwoordelik vir u eie slaapsak en kussing asook eie breekware en eetgery. Geen items mag uit die jagterswoonstel gevat word nie.

Hierdie opsie bied groepe die geleentheid om nader aan moedernatuur te kom. Braaiplek, slaapplek en varswater is die gerief. Daar is ‘n rooster en ketel vir kookwater. Alles moet hier op die vuur gemaak word. Die LED-sonkragliggies bied lig vir die aand. Die tioletgeriewe is die sandsloot.

Wees versigtig met die vuur en dat dit nie te groot is om gevaar te veroorsaak of die veld af te brand nie.

JAG:
Veiligheid is die sleutelwoord!

Tydens u aankoms moet elke lid van die groep ‘n vrywaringsvorm en ‘n toestemmingsbrief teken. (Dit sal ook as ‘n verwyderingspermit dien.)
Indien iemand weier om dit in te vul, word daardie persoon nie in die jagveld toegelaat nie en verbeur ook die deposito.

Geen drank van enige aard word in die jagveld toegelaat nie!
Die persoon/groep wat die reël verontagsaam sal beboet word. Dit is vir almal se veiligheid.

Basiese veiligheid is belangrik. Voor die jagters in die veld afgesit word, sal daar eers ‘n veiligheidspraatjie gehou word.

Veiligheidswenke:
– Vuurwapens moet in sakke wees terwyl daar op die voertuig gery word.
– Indien die eienaar toestemming gee dat ‘n jagter kan regstaan vir ‘n skoot in die ry, sal dit net op een jagter van toepassing wees.
– Vuurwapens se slotte moet ten alle tye oop wees as jagters op die voertuig ry. (Sodoende kan almal sien die vuurwapen is veilig.)
– Daar mag geen rondtes in die magasyn wees nie tensy die eienaar u anders aanbeveel.
– Moet nooit na die kop skiet as die bok op die kruin van die rand hardloop of staan nie. (Mens weet nooit wat lê ander kant die horison nie.)
– Maak altyd seker u weet waar die rondte gaan vasslaan. (U kan 2km verder u medejagter raak skiet sonder dat u daarvan bewus is.)

Kies die skootplasing noukeurig. Die kop is baie klein en ‘n kwesskoot is dus baie makliker. Agter die blad kan ‘n bok net sover hardloop dan val hy. Die bietjie vleis wat gemors word, is minder werd as ‘n kwesbok wat in die veld agter bly.

Tydens die optel van bokke sal elke jagter ‘n kleurmerker kry. Dit word dadelik aangesit as dit opgetel word. Sodoende is daar nooit verwarring wie se bok is wie s’n nie.

Daar sal ten alle tye ten minste twee arbeiders op perde of te voet in die veld wees. Wees ten alle tye bewus van hulle en luister waar hulle raas. Moet nie in hulle rigting skiet nie. Hulle staan partykeer agter die bokke, hulle is bewus van jagter, gee hulle net kans om weg te kom of dat bokke weg beweeg.

Met die voorsit-jag word die jagter op ‘n sekere, veilige plek afgesit. Die jagter mag nie meer as 300m daarvanaf beweeg nie. Die terrein is onbekend vir elke jagter en om uit die radius van 300m te beweeg, kan u moontlik weer in die volgende jagter se skietveld plaas. As u voel u wil skuif, roep een van die arbeiders. Ons het kommunikasie met mekaar en sal dan ‘n beter aanduiding vir u kan gee.

Kamoeflering is elkeen se eie keuse. Goeie kamoeflering verbeter wel elke jagter se kanse. Uit ervaring het ons al geleer om helder kleure te vermy. Die bokke sien die jagter op 500m sit. Wit, rooi en geel werk ook nie goed nie. Navy,kakie, groen en grys is kleure wat die beste op ons terrein wek.

Nog ‘n wenk is natuurlik om stil te sit en klein te sit. Om soos ‘n paal te staan of rond te loop sal natuurlik die gevolg hê dat die bokke nie by daardie area verby sal gaan nie. Die bokke ken die veld beter as enige een en sal dadelik sien as iets uit plek uit is.

Indien u velle wil laat afslag (velle aftrek) moet u vroegtydig met die eienaar reël. Die kostes hieraan verbonde is R30 vir kleinwild en R70 vir grootwild.

Tydens die jag kan dit gebeur dat ongediertes by u verbykom. Moenie die kans laat verby gaan nie. Ons sukkel met probleemdiere en vir elke Rooijakkals of Rooikat wat ‘n jagter skiet, sal die eienaar ‘n springbok verniet gee.

KALIBERS:
Die keuse van die kaliber lê by die jagter.
Ons het wel voorkeure vir sekere wild:

– Kleinwild. Enige kaliber groter as ‘n .222. Punt verkieslik swaarder as 50grein.
– Grootwild. ‘n Kaliber groter as .270. Punt swaarder as 110 grein.
– Goeie kalibers vir klein- en grootwild is die .270, .300, .303, .308 en .30-06

KWES BOKKE:
Integriteit word getoets. Wees ‘n man en nie ‘n muis.

Alle kwesbokke moet deur die betrokke jagter(s) aangemeld word. Hou ingedagte dat die arbeiders oë op die jagveld het en die meeste van die tyd ook bewus is van die kwesbokke. Indien daar kwesbokke in die veld agterbly en nie aanspraak daarvoor gemaak word nie sal die hele groep vir die onkostes van dié bok(ke) verantwoordelik gehou word.

× How can I help you?